SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy?e-Dictionaries in a Network of Information Tools in the e-Environment índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

HEIJNS, Audrey. Literêre aanhalings in tweetalige woordeboeke: 'n Gevalle-studie van 'n negentiende-eeuse Nederlands-Chinese woordeboek. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.1-17. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1625.

Die voor-koms van literêre aanhalings in woordeboeke dateer uit die dae toe die soeke na ekwivalente eerder op interteks as op intertaal gebaseer is. Vir beide eentalige en tweetalige woordeboeke was die doel van literêre aanhalings om bewys van gebruik te lewer en om die betekenis van die toepaslike trefwoord uit te lig, met dié verskil dat dit by tweetalige woordeboeke via vertaling geskied het. In hierdie artikel word dié verskynsel in 'n negentiende-eeuse Nederlands-Chinese woordeboek ondersoek deur die analisering van voorbeeldsinne wat die samesteller uit oorspronklike Chinese tekste onttrek het. In die bespreking van voorbeelde uit verskillende tekstipes sal die funksie van die aanhalings en die bedoeling van die samesteller deeglik ondersoek word. Dit wil voorkom of die insluiting van die aanhalings in die woordeboek die resultaat van beide taalkundige en kultu-rele doelwitte is aangesien sowel die sintaksis van Chinees as aspekte van die Chinese kultuur weerspieël word. Hierdie bevindings sal bydra tot 'n beter begrip van die praktyk van insluiting van literêre aanhalings in tweetalige woordeboeke en van die samesteller se rol in die bekendstel-ling van vreemde kulturele aspekte.

Palavras-chave : literêre aanhalings; tweetalige woordeboeke; Nederlands; chinees; negentiende eeu; leksikografiese praktyk; rol van die samesteller.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons