SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Users and Contexts of Use of Romanian Multilingual DictionariesPerforming Non-sexism via Degendering Phorie Forms in English: The Gap between Rules and Practice as Observed in the 9th Edition of Oxford Advanced Learner's Dictionary of Current English índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

BOONMOH, Atipat. Thaise EVT-leerders se gebruik van woordeboeke en aanlyn hulpmiddels vir lees in 'n natuurlike omgewing. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.239-258. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1645.

Woordeboeke en aanlyn hulpmiddels word as belangrike werktuie beskou om die betekenisse van onbekende woorde te bepaal of om die gebruik van interessante woorde na te gaan. In hierdie studie is studente se gebruik van woor-deboeke en aanlyn hulpmiddels in 'n natuurlike omgewing bestudeer deur die tipe woorde wat deur hulle nageslaan word in hul woordeboeke asook die tipe woordeboeke wat hulle vir die naslaanproses gebruik, te identifiseer. Veertien leerders van 'n Thaise staatsuniversiteit het as proefpersone deelgeneem deur 'n taakkontrolevorm te voltooi wat die name van die woordeboeke wat hulle gebruik het, die woorde wat nageslaan is, die betekenisse wat vir die woorde geselekteer is, en hul woordsoorte, ingesluit het. Die woorde wat nageslaan is, is geanaliseer om die frekwen-sies van woorde, hul woordsoorte, en betekenisse te bepaal deur 'n gevorderde aanleerderswoor-deboek te raadpleeg. Die bevindings dui daarop dat die proefpersone hoofsaaklik substantiewe, werkwoorde en adjektiewe geselekteer het. Hulle was geneig om voorkeur aan "hoëfrekwensie" in die naslaanproses te verleen. Geriefshalwe het die proefpersone óf 'n aanlyn vertalingshulpmiddel, 'Google Translate', óf tweetalige woordeboeke met behulp van mobiele toestelle gebruik. Die resultate mag ons dalk help om EVT-gebuikers se gedrag in die gebruik van woordeboeke te verstaan en lewer interessante implikasies vir taalonderwysers.

Palavras-chave : woordeboekgebruik; woordeboeknaslaanpogings; thai EVT-LEERDERS; GOOGLE TRANSLATE; WOORDEBOEKKONTROLEVORM; AANLYN WOOR-DEBoEKE.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons