SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Sethantso sa Sesotho and Sesuto-English Dictionary: A Comparative Analysis of their Designs and Entries*Teaching Lexicography as a University Course: Theoretical, Practical and Critical Considerations índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

DUROVIC, Zorica. Korpuslinguistiese metodes vir die saamstel van ESD-woor-delyste, glossariums en woordeboeke gebaseer op 'n skeepsingenieurswese-woordelys. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.259-282. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1647.

Buiten 'n algemene kennis van Engels wat vandag vir byna enige mens se beroep vereis word, word daar vir 'n toereikende woordeskat daarop gefokus om tred te hou met die ondersteuning van Engels vir Spesieke Doeleindes. Weens die moontlikhede wat deur eietydse sagtewareoplossings gebied word, kon die korpuslinguistiek antwoorde op sommige spesifieke vrae oor die woordeskatvereistes van tekste verskaf en ook gekonsentreerde woordeskatlyste volgens frekwensie in werklike tekste (korpora) lewer. Met die strewe om aan ons doelleerders van Engels vir die vereistes van skeepsvaartingenieurswese 'n praktiese woordeskathulpmiddel te verskaf wat hulle kan help om 'n voldoende teksdekking van 95% vir leesbegrip te verkry, het ons 'n skeeps-ingenieurswese-woordelys van 337 woordfamilies, saam met 'n lys van 73 deursigtige samestellings, wat afgevoer is uit die korpus van handleidings vir skeepsingenieurswese met 1,769,821 lopende woorde, saamgestel. Hierdie lys kan in universiteitsklasse of opleidingskursusse vir seevaarders deur middel van verskeie tipes woordeskatoefeninge bestudeer word, maar dit kan ook van hulp wees in die saamstel van tegniese glossariums en woordeboeke. Die metodologie wat gebruik word en die prosedures wat in hierdie artikel toegepas word, sal hopelik van waarde wees vir ander outeurs en taalonderwysers wat aan ander areas van tegniese Engels werk.

Palavras-chave : woordeskat; woordelys; leesbegrip; korpus; handlei-DINGS; ENGELS VIR SPESIFIEKE DOELEINDES; SKEEPSINGENIEURSWESE; FREKWENSIE.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons