SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

TENIESHVILI, Anna. Die Nuwe Aanlyn Engels-Georgiese Maritieme Woordeboek (NEGMD): Stand van die projek. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.322-329. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1650.

My praktiese opleiding by die Maritieme Vervoer-administrasie van Georgia in 2018 het die projek om die NEGMD saam te stel, ge'inspireer. Die projek is bevorder deur 'n internasionale toekenning van die Europese Leksikografiese Infrastruk-tuur (ELEXIS), wat gelei het tot 'n uitnodiging om die Instituut voor Nederlandse Lexicologie in Leiden, Nederland, te besoek Die doel van hierdie verslag oor die samestelling van die NEGMD is om die stand van die projek uit 'n praktiese oogpunt te toon met konkrete voorbeelde van terminologiese inskrywings. Die projek omvat twee hoofkwessies: die samestelling van die woordeboek self en die skepping van nuwe seevaartterme in Georgies om die bestaande leksikale/terminologiese gapings te vul. Dit is van groot belang vir die vakgebiede van maritieme opvoeding en opleiding in Georgia, vir die algehele maritieme ekonomie van die land en vir die ontwikkeling van die Georgiese taal, en dus vir die vakgebiede Georgiese linguistiek en leksikografie. Alle kwessies rakende hierdie projek, insluitende die kriteria waarvolgens dit saamgestel word en die inligting wat elke terminologiese inskrywing van die woordeboek bevat, sal deeglik gedek word. Perspektiewe op toekomstige woordeboekontwikkeling sal aangebied word deur dit met konkrete voorbeelde uit die NEGMD te illustreer.

Palavras-chave : Woordeboeksamestelling; Riglyne; Terminologiese inskry-Wings; Nuutskeppings in georgiese maritieme terminologie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons