SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número especial índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

KHUMALO, Langa  e  NKOMO, Dion. Die intellektualisering van Afrikatale deur middel van die terminologie en leksikografie: Metodologiese gedagtes met spesifieke verwysing na leksikografiese produkte van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe, pp.133-157. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-2-1700.

Teminologieontwikkeling en praktiese leksikografie is noodsaaklik in taalintellektualisering. In Suid-Afrika het die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, die Nasionale Lesikografieeenhede, universiteite, kommersiële uitgewers en ander organisasies die terminologie ontwikkel en terminologiese/leksikografiese hulpbronne gepubliseer om die gebruik van Afrikatale neffens Engels en Afrikaans in toonaangewende domeine te bevorder. Teoretiese literatuur in die leksikografieveld (soos Bergenholtz en Nielsen (2006); Bergenholtz en Tarp (1995; 2010); Gouws 2020) het pogings aangewend om die tradisionele onderskeid tussen die leksikografie en die terminologie te ontleed en terselfdertyd die terminologiese onjuisthede in die relevante studieveld aan te spreek. Vanuit hierdie agtergrond neem dié artikel die metodologiese benaderings tot die ontwikkeling van leksikografiese produkte vir spesifieke onderwerpsvelde, m.a.w. hulpbronne wat die terminologie van gespesialiseerde akademiese en professionele velde dokumenteer en beskryf, in oënskou. Daar word gefokus op die gebruik van tradisionele metodes versus die gebruik van elektroniese korpora en die tegnologie daaraan verbonde in die belangrikste praktiese take soos term-onttrekking en lemmatisering. In die artikel word daarop gewys dat die beperkte beskikbaarheid van gespesialiseerde tekste in Afrikatale die ontwikkeling en benutting van gevorderde elektroniese korpora en die toepassings daarvan verhinder om sodoende die uitvoer van terminologiese en leksikografiese take te verbeter en terselfdertyd die kwaliteit van die produkte te verhoog. Die Illustrated Glossary of Southern African Architectural Terms (English-isiZulu), A Glossary of Law Terms (English-isiZulu) en die toekomstige isiZulu woordeboek van linguistiese terme word as spesifieke verwysing gebruik.

Palavras-chave : intellektualisering van afrikatale; leksikografie; terminologie; TERMINOGRAFIE; WOORDEBOEK; SPESIALEVELDWOORDEBOEKE; SPESIALE-VELDLEKSIKOGRAFIE; GLOSSARIUM; ELEKTRONIESE KORPORA.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons