SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68Interpreting research in South Africa: A bibliometric studyAfrikaanse taalvariasie: Uitdagings vir regverdige meting van jong kinders se taal índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus)

versão On-line ISSN 2224-3380
versão impressa ISSN 1726-541X

Resumo

STAPHORST, Luan. Oranjerivierafrikaans: 'n Argeologiese genealogie. Deel IV: 1999 - 2021. SPiL plus (Online) [online]. 2024, vol.68, pp.65-86. ISSN 2224-3380.  http://dx.doi.org/10.5842/68-1-941.

Dié laaste deel van 'n vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums van Afrikaans, van die periode 1999 tot 2021. Begrond in die linguistiese geskiedskrywing in die breë, en Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriënterings in die besonder, skets die artikeldeel hoe die huidige periode in die intellektuele geskiedenis van Oranjerivierafrikaans as die tydsgees van tekstualiteit opgesom kan word. Die periode sien die hoogbloei van die aandag aan geskrewe tekste - sowel argivale bronne as meer resente skeppende skryfwerk. Hiernaas word die deurentydsgees van romantiese pittigheid, 'n benadering wat die ganse Afrikaanse sosiolinguistiek deurspek, bespreek. Die optekenings en navorsing van ondere andere Sanet du Plessis, Frank Hendricks, Annél Otto, Elvis Saal, Donovan Lawrence, Carla Luijks, Luan Staphorst, Camilla Christie, Daan Wissing, en Hendrik Theys word bespreek. Hierdeur daag die artikelreeks vier sentrale veronderstellings oor die taalvorm uit, naamlik dat daar n gebrek aan bronne is, dat dit redelik "onsigbaar" is, dat dit as 'n Swart Afrikaanse taalvorm getipeer kan word, en dat Kaapse Afrikaans, eerder as Oranjerivierafrikaans, as die "oudste" vorm van Afrikaans beskou moet word.

Palavras-chave : Oranjerivierafrikaans; etnolek; geolek; Afrikaanse sosiolinguistiek; linguistiese geskiedskrywing; intellektuele geskiedenis.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons