SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.20 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    South African Journal of Industrial Engineering

    versão On-line ISSN 2224-7890

    Resumo

    DASTKHAN, H.  e  OWLIA, M.S.. Study of trends and perspectives of industrial engineering research. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2009, vol.20, n.1, pp.1-12. ISSN 2224-7890.

    Bedryfsingenieurswese is 'n ingenieursdissipline wat vanweë die multi-dissiplinêre aard daarvan 'n belangrike rol gespeel het in die optimisering van verskillende sisteme op makro-en mikrovlak. Hierdie artikel hou die resultate voor van 'n navorsingsprojek wat onderneem is om die posisie en rigting van Bedryfsingenieursnavorsing in onlangse jare te bepaal. Die data van 'n monster van 7 114 Bedryfsingenieursverwante artikels wat verskyn het in internasionale joernale oor die afgelope 27 jaar is gebruik vir die ontleding. Die resultate toon dat die groei van Bedryfsingenieurswese in verskeie lande sterk korreleer met industriële en ekonomiese ontwikkeling. Tog blyk dit dat die navorsingsonderwerpe van Bedryfsingenieurswese sprei na ander bestuurs- en ingenieursdepartemente en dus bestaan daar 'n nodigheid om die dissipline en die spesifieke belangstellingsvelde te herdefinieer. Volgens die vooruitskatting wat gedoen is met behulp van 'n tydreeksanalise, blyk dit dat die gunstelingterreine vir navorsing in die toekoms op die gebiede van inligtingstegnologie, intelligente sisteme, optimisering, gehalte en voorsienings-kettingbestuur sal wees.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )