Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
GUPTA, S.; TEWARI, P.C. e SHARMA, A.K.. Reliability and availability analysis of the ash handling unit of a steam thermal power plant. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2009, vol.20, n.1, pp.147-158. ISSN 2224-7890.
Hierdie artikel poog om die betroubaarheid en beskikbaarheid van 'n kritiese ashanteringseenheid van 'n termiese stoomkragaanleg te beoordeel deur 'n werkverrigtingsanalise en modellering te doen aan die hand van waarskynlikheidsteorie en die Markovgeboorte-sterfteproses. Nadat die oorgangsdiagram opgestel is, is differensiaalvergelykings gegenereer. Vervolgens is die gestadigde-toestandwaarskynlikhede bepaal. Sekere besluitmatrikse is ontwikkel waar verskillende beskikbaarheidsvlakke verskaf is. Die analise van die gedrag van die betroubaarheidsmodule toon dat beskikbaarheid afneem met toenemende falingstempo's, terwyl operasionele beskikbaarheid verbeter met aanvanklike toenames en hersteltempo's vir die onderskeie subsisteme. Gebaseer op die verskillende beskikbaarheidswaardes, word die werkverrigting van elke subsisteem ontleed en aangewend om instandhoudingsbesluite vir alle subsisteme te neem.