SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.20 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

GUPTA, S.; TEWARI, P.C.  e  SHARMA, A.K.. An availability simulation model and performance analysis of a coal handling unit of a typical thermal plant. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2009, vol.20, n.1, pp.159-172. ISSN 2224-7890.

Die artikel beskryf die ontwikkeling van 'n beskikbaarheidsimulasiemodel vir 'n steenkoolhanteringseenheid van 'n termiese aanleg deur gebruik te maak van werkverrigtingsanalise met 'n waarskynlikheidsbenadering. In die geval bestaan die hanteringseenheid uit vyf subsisteme. Onder die aanname van konstante faling- en hersteltempo's vir al die subsisteme word die wiskundige formulering gebaseer op die Markov geboorte-sterfte-proses. Nadat die oorgangsdiagram ontwikkel is, word differensiaalvergelykings gegenereer en waarna die gestadigde toestandwaarksynlikhede vasgestel word. Een beskikbaarheidsmatriks is verder ontwikkel wat toelaat vir verskillende werkverrigting-/beskikbaarheidsvlakke teen verskillende kombinasies van faling- en hersteltempo's van alle subsisteme. Gebaseer op verskillende beskikbaarheidswaardes verkry van die beskikbaarheidsmatriks en grafieke van die falings-/hersteltempo's van die onderskeie subsisteme, word werkverrigting en optimum waardes vir faling- en hersteltempo's vir maksimum beskikbaarheid van elke subsisteem ontleed. Vervolgens word instandhoudingsprioriteite vir elke subsisteem voorgehou.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons