Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
CARSTENS, W.A. e VLOK, P.J.. Statistical analysis of Caterpillar 793D haul truck engine data and through-life diagnostic information using the proportional hazards model. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp.59-68. ISSN 2224-7890.
Fisiese batebestuur (FBB) is besig om 'n groter bekommernis te word vir maatskappye in die bedryf vandag. 'n Sleutel fokusarea van FBB is bateversorgingsplanne wat bestaan uit strategieë soos gebruikgebaseerde onderhoud en toestandgebaseerde onderhoud (TGO). Data verkry uit die Suid-Afrikaanse mynbedryf is gemodelleer met behulp van 'n TGO prognostiese model genoem die proporsionele gevaarkoersmodel (PGM). Resultate het daarop gedui dat die model beramings verkry wat akkurate voorstellings van die werklikheid is. Hierdie bevindinge bied 'n opwindende basis vir die ontwikkeling van toekomstige Weibull proporsionele gevaarkoersmodelle wat kan lei tot groot onderhoudkostebesparings en verminderde falings.