Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
MUTINGI, M. e MBOHWA, C.. A fuzzy-based particle swarm optimisation approach for task assignment in home healthcare. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.3, pp.84-95. ISSN 2224-7890.
Tuisversorgingsorganisasies verskaf gekoördineerde gesondheidsorg dienste aan pasiënte by hul wonings. Gegee die toenemende behoefte aan tuisversorging, is die uitdeel van take tot die beskikbare gesondheidsorg personeel 'n algemene en komplekse probleem in tuisversorgingsorganisasies. Die ontwerp van hoë gehalte taak skedules is van kritieke belang vir die verbetering van werker moraal, werktevredenheid, diens doeltreffendheid, gehalte van diens en mededingendheid oor die lang termyn. Die doel is om hoë gehalte taakaanwysingskedules aan die pasiënt, die versorger en die bestuur te voorsien. Dit kom neer op die maksimering van skedule regverdigheid ten opsigte van werklading, vermyding van taak tyd venster oortreding asook die bereiking van meeste bestuursdoelwitte. In die praktyk is hierdie doelstellings dikwels subjektief as dit vae persepsies behels. Hierdie studie ontwikkel 'n wasige multi-kriteria partikel swerm optimisering benadering vir taakaanwysing in 'n tuisversorgingsorganisasie in 'n wasige omgewing. Die voorgestelde benadering gebruik 'n wasige metode van evaluering vanuit 'n multi-kriteria oogpunt. Resultate van illustratiewe simulasie eksperimente toon dat die benadering belowend is.