SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    South African Journal of Industrial Engineering

    versão On-line ISSN 2224-7890

    Resumo

    CONRADIE, P.J.T.; OOSTHUIZEN, G.A.; DIMITROV, D.M.  e  SAXER, M.. Effect of milling strategy and tool geometry on machining cost when cutting titanium alloys. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2015, vol.26, n.3, pp.137-151. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/26-3-1172.

    Die groeiende aanvraag vir vervaardigers in die lugvaartbedryf om moeilik-masjineerbare materiale te sny met toenemende materiaalverwyderingstempo's vereis van vervaardigers om hul masjinerings vermoéns te verbeter. Dit benodig 'n beter begrip van die impak wat frees strategie en snybeitel geometrie op sny prestasie het. Ti6Al4V is die algemeenste titaan allooi wat gebruik word in die lugvaartbedryf as gevolg van 'n unieke kombinasie van eienskappe. Hierdie eienskappe is ook verantwoordelik vir die moeilik-masjineerbaarheid van hierdie metaal. Komplekse lugvaart geometrieé vereis groot hoeveelhede materiaalverwydering, en is gewoonlik geassosieer met hoé vervaardigingskostes. Om die effek wat frees strategie en snybeitel geometrie op sny prestasie het, is die nuwe konstante blootstellingshoek frees strategie eerstens vergelyk met 'n tradisionele benadering. Daarna is 'n komponent gefrees met verskillende snybeitel geometrieé. Koste besparings van meer as 40% is bewerkstellig deur 'n konstante blootstellingshoek frees strategie te implementeer. 'n Vermindering van 38% in masjineringstyd was moontlik deur gebruik te maak van snybeitels met 'n snykrag verminderingsontwerp op die kant van die snybeitel wat help met die spaandervloei. Hierdie inkrementele verbeteringe het dit moontlik gemaak om die algehele vermoé van die snyproses te verbeter.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )