SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    South African Journal of Industrial Engineering

    versão On-line ISSN 2224-7890

    Resumo

    MAISIRI, W.  e  VAN DYK, L.. Industry 4.0 Readiness Assessment for South African Industries. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.134-148. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/30-3-2231.

    Tegnologiese ontwikkelings met betrekking tot die vierde industriële rewolusie veroorsaak verreikende ontwrigtende verandering op nasionale, industrie-, en besigheidsvlak. Industrie 4.0, 'n inisiatief wat die Vierde Industriële Rewolusie aanvuur, geskied teen eksponensiële spoed en dit is noodsaaklik om dit te aanvaar en toe te pas, met die oog op oorlewing en mededingendheid. Alhoewel daar beduidende vordering is met betrekking tot die implementering van Industrie 4.0 in ontwikkelde lande, is daar onsekerheid oor die gereedheid van ontwikkelende lande, insluitend Suid-Afrika, om Industrie 4.0 te implementeer. Die doel van hierdie artikel is om die gereedheid van Suid-Afrikaanse industrieë in hierdie opsig te verken. 'n Vraelys-instrument met kwantitatiewe kriteria wat deur die Impulse Foundation van Verband Deutscher Maschinen- und Anlagenbau saamgestel is, is in hierdie studie gebruik. Die verkennende studie het getoon dat die Suid-Afrikaanse industrie beduidende uitdagings in die gesig staar wat betref strategieformulering en toerustinginfrastruktuur om Industie 4.0-eise te bevredig. Die ondersoek het getoon dat Industrie 4.0-vaardighede in geïsoleerde situasies in Suid-Afrika bestaan, en daarom is verdere studie om meer oor die vereistes vir Industrie 4.0-vaardighede te wete te kom, dringend nodig.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )