SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

PIENAAR, C.; VAN DER LINGEN, E.  e  PREIS, E.. A Framework for Successful New Product Development. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.199-209. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/30-3-2239.

Om die mededingende voordeel van 'n kernbevoegdheid, soos nuwe tegnologie-ontwikkeling te benut, moet 'n organisasie die tegnologie doeltreffend en effektief kan ontwikkel. Die doel van hierdie navorsing is om die nuwe produkontwikkelingsukses en -faktore in 'n chemiese maatskappy te bestudeer en verbeterings aan te beveel aan die bestaande nuwe produkontwikkelingsraamwerk. Die studie is beduidend deurdat nuwe produkontwikkelingsprestasie verbeter moet word om mededingend te bly in die huidige ekonomiese- en omgewingsklimaat. Dieselfde nuwe produk-ontwikkelingsmodel word toegepas op alle projekte in die maatskappy wat ondersoek word. Voorlopige ondersoek het voorgestel dat die sukseskoers van hierdie projekte aansienlik wissel. Kwalitatiewe gevallestudie-navorsing is uitgevoer deur middel van semi-gestruktureerde aangesig-tot-aangesig onderhoude. 'n Tematiese benadering is gebruik om die onderhouds-gegewens te organiseer en te interpreteer. Namate die data gekodeer is, het verskeie subtemas na vore getree, en uit hierdie temas is kritiese sukses- en kritiese mislukkingsfaktore identifiseer. Al hierdie faktore is bespreek en vergelyk met die literatuur vir relevansie. Die kritiese sukses- en kritiese mislukkingsfaktore is in drie kategorieë verdeel: insetvereistes, fase afskop riglyne, en deurlopende vrae. In hierdie formaat word hierdie faktore aanbeveel as moontlike verbeteringe aan die organisasie se bestaande nuwe produkontwikkelingsraamwerk.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons