Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
CABRERA, J.L.; CORPUS, O.A.; MARADIEGUE, F. e ALVAREZ, J.C.. Improving quality by implementing lean manufacturing, SPC, and HACCP in the food industry: a case study. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.4, pp.194-207. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/31-4-2363.
Belangstelling in die versekering van voedselveiligheid vir menslike verbruik het noemenswaardig toegeneem as gevolg van die ekonomiese impak van produkte wat nie aan die standaarde wat verbruikers verwag voldoen nie. Die teenwoordigheid van besoedeling en verminderde rakleeftyd is van die mees algemene probleme wat voedselgehalte negatief beïnvloed. Hierdie navorsing het die voedselgehalte van 'n klein maatskappy verbeter deur lenige vervaardiging, statistiese prosesbeheer en gevaar-analise en kritieke beheerpunte toe te pas. Die lenige werktuie wat toegepas is, is die waardestroomkaart en 5S. Die waardestroomkaarte is gebruik om die bedrywighede wat die hoogste risiko vir kruis-kontaminasie inhou te identifiseer en 5S is gebruik om die kontaminasie en ontbinding van die produkte in werk areas te voorkom. Die statistiese prosesbeheer verseker dat die variasie van produkte binne verbruiker gehalte parameters gehandhaaf word. Die gevaar-analise en kritieke beheerpunte verseker voedselveiligheid deur kritieke punte met hoë kontaminasie risiko te beheer. n Proefprojek is vir twee maande uitgevoer en die resultaat daarvan was 'n vermindering van verwerpte produkte van 89,2%.