SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número3Synthesis and evaluation of an Industry 4.0 control roomAn integrative review of the potential barriers to and drivers of adopting and implementing sustainable construction in South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

DU PLESSIS, M.J.; VAN EEDEN, J.  e  BOTHA, M.. Development of emission intensity factors for a South African road-freight logistics service provider. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.3, pp.15-28. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/33-3-2788.

Die Global Logistics Emissions Council (GLEC) raamwerk het logistieke emissiefaktore ontwikkel vir eenvormige gebruik in Noord-Amerika en Europa. Alhoewel dit 'n benaderde skatting vir Afrika-lande insluit, word die werklike Suid-Afrikaanse emissies egter nie akkuraat weerspieel nie. In hierdie studie word koolstofvrystellingsfaktore bereken deur die gebruik van berekende ton-kilometer sowel as energie-gebaseerde metodologie. Die outeurs het verskeie datastelle van 'n logistieke diensverskaffer verkry wat bestaan uit die roetes gebruik deur hul voertuie, brandstofdata sowel as vrag data. Die projek het faktore ontwikkel vir individuele vragverskuiwings, vir soortgelyke herhalende vragte, en vir die datastel in sy geheel. Hierdie verskillende stelle faktore is ontwikkel om die gebruik van verskillende emissieberekeninge en verslagdoeningstandaarde moontlik te maak. Die logistieke diensverskaffer kan nou hierdie emissie-intensiteitsfaktore gebruik om koolstofvrystellings te skat deur die aktiwiteitsgebaseerde benadering te gebruik. Hierdie emissie-intensiteitsfaktore kan ook gebruik word om emissies te rapporteer soos vereis word deur wetgewing, en om te voorspel hoeveel koolstof vrygestel sal word om 'n klient se vrag te verskuif.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons