Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
LAUBSCHER, J.M.; BEKKER, J. e ACKERMAN, S.. Base models for simulating the South African forestry supply chain. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.4, pp.47-59. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/33-4-2732.
Die Suid-Afrikaanse bosbouvoorsieningsketting is a komplekse stelsel wat bestaan uit beide die produksie van bome (terreinvoorbereiding, hervestiging en versorging van saailinge, asook algemene plantasie-instandhouding) en die produksie en verspreiding van hout vanaf die plantasies na die pulp- en saagmeulens. Hierdie artikel handel oor 'n studie waarin die geskiktheid van diskrete-gebeurtenis simulasie vir die modellering van bosbou-voorsieningskettings met dubbele-doelwitoptimering ondersoek is. As deel van 'n groter navorsingsprojek is twee voorsieningketting-simulasiemodelle ontwikkel: een vir pulphout en die ander vir saaghout. Die simulasiemodelle is ontwikkel deur eerstens die prosesvloei van die twee voorsieningskettings uit te beeld met die hulp van vakkundiges en belanghebbers. Daarna is simulasie-konsepmodelle ontwikkel en die data wat benodig was is geïdentifiseer, verkry en geverifieer. Die simulasiemodelle is ontwikkel, waarna verifikasie en validasie gedoen is om te bevestig dat die modelle realistiese voorstellings is van die voorsieningskettings wat hulle moet naboots. Die gevolgtrekking van die studie is dat die simulasiemodelle wat ontwikkel is die vermoë demonstreer om beide scenario-analise en dubbele-doelwit optimering uit te voer. Dit word ook illustreer dat die dissiplines van bedryfsingenieurswese en bosbou suksesvol kan saamwerk.