Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
South African Journal of Industrial Engineering
versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X
Resumo
MASHEANE, L.; DU PREEZ, W. e COMBRINCK, J.. Implementation of a digital twinning approach to improve designs of polyurethane heart valves. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2023, vol.34, n.4, pp.104-115. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/34-4-2982.
Jong pasiënte in sub-Sahara Afrika en die ontwikkelende wêreld met rumatiese hartklepsiektes benodig dringend bekostigbare prostetiese kleppe. Om bekostigbare poliuretaan-hartkleppe te ontwerp, hemodinamiese gedrag te begryp, prototipe-ontwikkeling te bespoedig en die behoefte aan kliniese toetsing vir funksionele evaluering te beperk, is die implementering van 'n digitale tweeling van eksperimentele toetsing noodsaaklik. Die gebruik van berekeningsvloeistofdinamika (CFD) en eindige-elementanalise (FEA) om hartklepvervangingsontwerpe vinnig te verbeter, ten einde te voldoen aan die minimum vereistes van FDA en ISO regulasies en spesifikasies, vorm die kern van hierdie studie. Hierdie benadering word aangebied, en die resultate word bespreek. 'n Gevolgtrekking word gemaak oor die klep se geometriese opening area (GOA) in vergelyking met eksperimentele toetse. Met die klep heeltemal oop, was daar slegs 'n 11% verskil tussen die berekende eksperimentele en die eindige element GOA. Digitale simulasie het bykomende inligting aan die lig gebring, soos die liggings van spanningskonsentrasies. Die eindige element resultate het redelike ooreenkomste met die in vitro resultate getoon.