SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

SKELTON, Ann. Die Rol van die Howe om die Reg op Basiese Onderwys in 'n Demokratiese Suid-Afrika te Verwesenlik: 'n Kritiese Ontleding van Onlangse Onderwysregspraak. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.01-23. ISSN 2225-7160.

Hierdie artikel ontleed onlangse regspraak aangaande die reg op basiese odnerwys. Die "vier A-skema", wat deur 'n voormalige spesiale rapporteur op onderwys van die Verenigde Nasies voorgestel is en deur die Komitee op Sosiale-, Ekonomiese- en Kulturele Regte in sy Algemene Kommentaar 13 ondersteun is, vorm die raamwerk vir die ontleding. Die vier A-skema omvat beskikbaarheid (availability), toeganklikheid (accessibility), aanvaarbaarheid (acceptability) en aanpasbaarheid (adaptability). 'n Kritiese ontleding van die regspraak dui aan dat daar probleme in die lewering van basiese onderwys in Suid-Afrika bestaan met betrekking tot elkeen van die vier verwante elemente. Sommige van die hindernisse het betrekking op die versuim om noodsaaklike vereistes soos infrastruktuur, skryfbehoeftes en vervoer te voorsien. Ander uitdagings hou verband met geskille rakende die magte van skoolbeheerliggame en skole teenoor die magte van provinsiale departe-mentshoofde, lede van provinsiale uitvoerende komitees en, ten opsigte van nasionale beleid, die nasionale Minister van Basiese Onderwys. Die artikel wys dat litigasie 'n belangrike rol speel om die reg op basiese onderwys te verwesenlik, geskille te besleg en die toewysing van dienste en middele aan leerders te verseker. Die slotsom is dat die soms noodsaaklik en gepas is om die geregtelike roete wat binne 'n grondwetlike demokrasie beskikbaar is, te volg om die reg op basiese onderwys te verwesenlik.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons