SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

BLACKSHAW, Ian. Kollektiewe Verkope van Televisieregte vir Sport in die Europese Unie: Mededingingsfasette. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.2, pp.401-412. ISSN 2225-7160.

Televisieregte vir sport word wêreldwyd vir astronomiese bedrae verhandel. In die Europese Unie (EU), word hierdie regte gewoonlik deur sportliggame en -ligas op 'n kollektiewe rondslag verhandel, ten einde die waarde daarvan te verhoog. Sulke reelings is egter onderhewig aan EU Mededingingsmaatreêls, wat daarop gerig is, nie om mededinging te verhoed nie, maar om onregmatige mededinging te verbied en die spreekwoordelike speelveld gelyk te maak. Hierdie artikel oorweeg die maatstawwe, soos neergelê deur die mededingingsdirektoraat van die Europese Kommissie en uitgewys in regspraak van die Europese geregs-hof, om te bepaal of sodanige kollektiewe verhandelinge van geval tot geval regmatig is. Dit oorweeg ook die beperkings wat die sogenaamde EU "Television Without Frontiers" Directive plaas op die verhandeling van TV-regte deur sportliggame, en wat vereis dat bepaalde sportgeleenthede van sosiale belang in elkeen van die 28 lidstate van die EU algemeen beskikbaar moet wees op "gratis-oor-die-lug-televisie". Die artikel fokus ook op die onlangse appèlsake wat in die Europese geregshof ten aansien van die FIFA sokker-wêreldbeker en UEFA Europese kampioenskap beslis is.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons