Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
De Jure Law Journal
versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597
Resumo
BRAND, Danie. Die Reg en die Stad: Om Armes op die Marge te Hou. De Jure (Pretoria) [online]. 2014, vol.47, n.2, pp.189-201. ISSN 2225-7160.
In hierdie artikel ontleed ek die Tswelopele beslissing van die Hoogste Hof van Appèl en die Schubart Park beslissing van die Grondwetlike Hof ten einde sommige van die kompleksiteite van die verhouding tussen die reg en armoede te illustreer. Ek fokus spesifiek op die keuse van die twee howe om direk op die Grondwet te steun eerder as op toepaslike gemenereg en op die wyse waarop daar in die twee beslissings met die feite omgegaan is. Ek wys uit dat beide hierdie aspekte van die beslissings, ten spyte van die positiewe praktiese uitkomste in die sake vir arm mense, die heersende ideologies-gelaaide siening van arm mense as anders, of abnormaal onderskraag en bevestig en so saamwerk in 'n ideologiese projek van depolitisering van armoede.