Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
De Jure Law Journal
versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597
Resumo
HARMSE, Lana e VAN DER ZWAN, Pieter. Alternatiewe vir die hantering van oordragprysaansuiwerings in Suid-Afrika. De Jure (Pretoria) [online]. 2016, vol.49, n.2, pp.288-306. ISSN 2225-7160. http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2016/v49n2a6.
Die Inkomstebelastingwet maak tans voorsiening vir 'n geagte dividend as sekundêre aanpassing wanneer 'n maatskappy 'n oordragsprysaan-suiwering ingevolge artikel 31 maak. Gegewe die feit dat hierdie bepaling drie keer in die afgelope vier jaar gewysig is, ondersoek hierdie artikel die bepaling om vas te stel of dit konseptueel suiwer is of bloot 'n praktiese maatreël wat in die toekoms verdere wysigings sal noodsaak. Die konseptuele ontleding is gebaseer op die karaktereienskappe van die alternatiewe transaksies waarop sekondêre aanpassings gebaseer word, die vereistes van verbondenheid van persone asook nie-belasting motiewe wat oordragsprysing beïnvloed. Uit die ontleding blyk dit dat die hantering van sekondêre aanpassings normaalweg wel konseptueel suiwer is, behalwe in die geval waar 'n Suid-Afrikaanse beherende maatskappy 'n oordragsprysaanpassing maak wat voortspruit uit 'n transaksie met 'n beheerde maatskappy. Daar word aangevoer dat die moontlikheid van 'n dubbele dividendbelastingimplikasie 'n uitsondering op die sekondêre aanpassing reël vir maatskappye kan regverdig.