SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    De Jure Law Journal

    versão On-line ISSN 2225-7160versão impressa ISSN 1466-3597

    Resumo

    SLABBERT, Magda. Moet dit toegelaat word om MIV-positiewe organe van kadawer skenkers oor te plant in MIV-negatiewe pasiënte?. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.2, pp.363-377. ISSN 2225-7160.  https://doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n2a9.

    Amerikaanse wetgewing laat die oorplanting van MIV-positiewe geskente organe toe vir inplanting in MIV-positiewe pasiënte. Suid-Afrika het geen wetgewing rondom die oorplanting van MIV-positiewe geskenkte organe nie. Navorsing is wel gedoen rondom die oorplanting van soliede organe wat deur MIV-positiewe mense geskenk is en toe oorgeplant is in MIV-positiewe mense op die oorplantingswasglys. Sulke oorplantings was suksesvol. Die vraag het dus onstaan of weens die knellende te kort aan geskenkte organe daar oorweeg moet word om MIV-positiewe organe oor te plant in MIV-negatiewe pasiënte. Hierdie opsie het beide regs- en etiese implikasies. Aangesien dit nie algemeen gedoen word nie, behoort dit as navorsing gesien te word en derhalwe moet daar streng aan wetgewing waar mense vir navorsing gebruik word, voldoen word. Om MIV-positiewe organe in MIV-negatiewe ontvangers oor te plant behoort die allerlaaste uitweg te wees om orgaantekorte aan te spreek, ander maniere van orgaanverkryging in ander dele van die wêreld wat nog nie deur Suid-Afrika ondersoek is nie, behoort eers ondersoek te word alvorens HIV-positiewe organe gebruik word.

            · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )