SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

GRAVETT, Willem. Die openingsrede: Kragtige instrument van oortuiging of 'n mors van tyd?. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.2, pp.194-214. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n2a1.

Dit sou ondenkbaar wees vir die meeste Amerikaanse verhoorprokureurs om afstand te doen van die openingsrede. Hulle glo dat die openingsrede 'n onvervangbare eerste geleentheid is om die kliënt se saak te bepleit. In teenstelling hiermee blyk die algemene praktyk in Suid-Afrika - veral in strafsake - te wees om af te sien van die openingsrede. Die persepsie is dat die openingsrede 'n "mors van tyd is" want, anders as Amerikaanse juries bestaande uit leke burgers, het ons ervare voorsittende beamptes wat al "alles gehoor het." Hierdie persepsie blyk gebaseer te wees op die veronderstelling dat die uitsluitlike funksie van die openingsrede is om "kortliks die feite uiteen te sit wat bewys gaan word." Die oogmerk van hierdie artikel is om advokaatskap in die openingsrede en navorsings-bevindinge op die gebiede van sosiale kognisie, boodskapbegrip en oortuiging te sintetiseer. Die doel is om aan te toon dat, buiten die tradisionele funksie daarvan, die openingsrede ook 'n kragtige instrument van oortuiging kan wees. Die tyd het aangebreek om die fiksie te verwerp dat voorsittende beamptes in staat is om geen opinies te vorm oor 'n saak totdat al die getuienis aangehoor is nie. Gegronde sielkundige teorie, gesteun deur algemene ervaring, dui daarop dat die openingsrede kan, tot 'n beduidende mate, die voorsittende beampte se siening kan beïnvloed rakende die feite en die reg, en lei tot die skepping van 'n kragtige eerste indruk van die karakters in die saak. Dit kan blywende indrukke skep wat by die voorsittende beampte sal bly lank nadat die detail van die getuienis vergete is. Suid-Afrikaanse regslgeleerdes moet sosiale sielkundige navorsing aangryp en gebruik om die vaardigheid aan die kern van advokaatskap - hoe om effektief en eties te oorreed - te verfyn.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons