SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

SCHOEMAN, A.. Die dilemma van die mislukte staattesis in internasionale verhoudings na 9/11. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.4, pp.751-770. ISSN 2304-8557.

Die 9/11-terroriste aanvalle het die fokus van mislukte state as bloot streeksgebonde humanitêre probleme verskuif na een wat 'n globale sekuriteitsrisiko kan inhou. Veral Amerikaanse beleidmakers het mislukte state ná hierdie insident as potensiële terroristebedreigings begin identifiseer. Die hernude belangstelling in die studie van mislukte state het egter ook 'n aantal teoretiese tekortkomings binne hierdie studieterrein blootgelê. Laasgenoemde kan toegeskryf word aan die wyse waarop veral Amerikaanse beleidmakers dikwels veralgemeende definisies van mislukte state gebruik en dit dan toepas op state wat as "misluk" beskou word. 'n Verdere probleem is die feit dat regeringsgefinansierde navorsingsinstitute en dinkskrums dikwels onafhanklik van akademici by universiteite funksioneer. Hierdie stand van sake lei tot teoretiese verwardheid, aangesien toestande in mislukte state dikwels verskillend geïnterpreteer word. Die gevolg hiervan is dat teenstrydige teorieë, definisies en klassifikasiemodelle dikwels ontwikkel word. Die studieterrein word verder daarvan beskuldig dat dit 'n "Weberiaanse" (ideaaltipiese) definisie van die staat onderskryf om verskillende grade van mislukking by nie-toegeeflike state te bepaal. Hierdie artikel sal poog om die omvang van hierdie teoretiese tekortkomings te ondersoek en te fokus op die gevare van 'n benadering wat oënskynlik die politieke realiteite binne ontwikkelende state (wat dikwels as misluk beskou word) misinterpreteer. Ten slotte sal aandag geskenk word aan moontlike alternatiewe benaderings, of die formulering van idees wat meer relevant en toepaslik is vir die dikwels unieke interne politieke, sosiale en ekonomiese dinamika van onstabiele state.

Palavras-chave : liberaal-demokratiese regime; mislukte staattesis; mislukte state: terroriste bedreiging; Weberiaanse ideaaltipiese staat.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons