SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

KERN, U.. Luther as protestantse Kategeet. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp.579-618. ISSN 2304-8557.

Luther se kategetiese werksaamheid is gebaseer op die kategetiese tradisie wat reeds sedert die Vroeë Kerk bestaan het. Hy val daarop terug en veral op die middeleeuse kategismusonderrig. In die Roomse katolisisme van sy tyd het Luther groot gebreke en nalatigheid ten opsigte van kategismusonderrig waargeneem. Vir Luther is die kategismus 'n kort samevatting van die Heilige Skrif. Op 'n beknopte wyse word Christelike leer hierin tot uitdrukking gebring. Naas sy studie oor die onvrye wil ("De servo arbitrio") het Luther sy twee kategismusse, wat uit preekwerksaamhede gegroei het, as die belangrikste van sy geskrifte geag. Sy "Klein kategismus" wat geweldige aanklank gevind het, is tot en met sy dood meer as 60 keer opnuut heruitgegee en ook in verskeie ander tale vertaal. Volgens Luther is kategismusonderrig toerusting ("instructio") wat daarop gemik is, dat die kategismus geleer moet word. Deurslaggewend daarvoor is dat dit in die hart moet wortel skiet. Die kategismus dra nie wetenskaplike geloof oor nie, maar sit die lewende persoonlike geloof uiteen as vertroue in God. Alle Christene, ook volwassenes, moet die kategismus ken en dit in hulle bewussyn inprent. Om die kategismuspreke by te woon, is noodsaaklik. By die lees, praat en denke oor die kategismus is die Heilige Gees teenwoordig. Dit bring dus pneumatologiese gewin. Alles wat vir 'n Christen noodsaaklik is om vir sy heil te weet, is deeglik en baie volledig in die kategismus saamgevat. Die kategismus is as sodanig trinitaries en eskatologies gerig. Uit ware geloof volg die nakoming van die Tien Gebooie, die nakoming van die goeie - so leer die kategismus. Wie die kategismus nie ken nie, word nie tot gebruik van die sakramente toegelaat nie.

Palavras-chave : catechetical teaching [catechise]; catechism; Luther; Reformation.

        · resumo em Holandês | Inglês     · texto em Holandês     · Holandês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons