SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

POTGIETER, P.C.. Die didaktiese aard van Calvyn se De Scandalis. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp.643-659. ISSN 2304-8557.

Die artikel behels 'n ondersoek na die didaktiese aard en waarde van Calvyn se publikasie "De Scandalis" (1550). Sy klaarblyklike oogmerk was om riglyne daar te stel tot geloofsversterking van Christene wat met allerlei struikelblokke op die weg van heiliging worstel. Die outeur toon aan hoe die kwessies waarop Calvyn antwoorde wou bied, selfs nog vir die gelowige van die 21e eeu relevant is, en dat gesonde opvoedkundige beginsels hierdie geskrif van Calvyn deurgaans kenmerk. Presies daarom was dit - en is dit nog steeds - 'n uitstekende hulpmiddel vir mense wat aan die kerk van Christus behoort en in hulle geestelike lewe te staan kom voor allerlei struikelblokke en versoekings: Bybelse waarhede wat deur die wêreld as dwaasheid afgemaak word; aanstootlike en skandalige gedrag van mense binne die kerk; asook lasterlikhede of beswaddering van die kant van teenstanders van die evangelie. Binne hierdie konteks bewys Calvyn homself as eksegeet by uitnemendheid en as blywende voorbeeld van die betroubare leermeester wat self deur die beginsels van die Heilige Skrif gelei word.

Palavras-chave : Calvyn; didaktiek; kategeet; struikelblokke.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons