Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
JANSE VAN RENSBURG, J. e HOFFMAN, L.. Kan Calvyn 'n goue draad voorsien in die doolhof van beskikbare kategismusse in die kerk vandag?. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp.781-799. ISSN 2304-8557.
'n Gemeente kan maklik verdwaal in die doolhof van kategesesillabusse wat vandag vir opvoedkundige bediening beskikbaar is. Dit was Calvyn se wens dat kerke een gemeenskaplike kategismus gebruik. Hy het egter toegegee dat verskillende kerke tog verskillende kategismusse kon ontwikkel. Hy het ook gewaarsku dat die krag van kategese oor die potensiaal beskik om die kerk in die volgende dekades te beïnvloed. Die liggaam van Christus kan versterk of gewond word deur kategese. Kan 'n goue draad vanuit Calvyn se kategismus afgelei word waarmee die doolhof van kategesemateriaal vandag genavigeer word? Verskillende kategesemodelle wat tans beskikbaar is, word kortliks bespreek. Die ooreenkomste en verskille met Calvyn se benadering tot kategese word uitgelig. Ten slotte word riglyne vir huidige kategese gestel.
Palavras-chave : Calvyn; Christelike opvoeding; kategese; kategismus.











