Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
STRAUSS, D.F.M.. 'n Verwaarloosde faset van D.F. Malherbe se nalatenskap: Kuns - selfstandig en afhankiik. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.2, pp.341-361. ISSN 2304-8557.
Gedurende sy studie in Freiburg, Duitsland, moes Malherbe ook filosofie studeer. Sedert die laat sewentigerjare organiseer die Universiteit van die Vrystaat jaarliks 'n D.F. Malherbegedenklesing oor een of ander aspek van die nalatenskap van Malherbe - meestal gefokus op sy literêre werk, maar soms ook oor sy kompetensie as taalkundige. Aanvanklik het hy, in sy siening van kuns en die estetiese, die opvatting verdedig dat die kunstenaar "vry" is in die sin van nie-gebonde-wees aan estetiese norme en beginsels nie. Nogtans het gesprekke met sy skoonseun, Herman Strauss, ná sy aftrede hom in kontak gebring met die nuwe reformatoriese wysbegeerte aan die Vrye Universiteit van Amsterdam (Dooyeweerd en Vollenhoven). Dit het tot 'n radikale paradigmaskuif in sy teoretiese verstaan van die werklikheid en van kuns en die estetiese aanleiding gegee. In hierdie artikel word sy siening van die (on)afhanklikheid van kuns en die estetiese na vore gebring teen die agtergrond van beskouings waarin die sin van die estetiese versteur word, deur dit diensbaar te maak aan iets wat nie-esteties is en van 'n siening wat die estetiese tot 'n selfgenoegsame vesting verhef waar die "siel" rus en geluksaligheid kan beleef. Malherbe ontwikkel n analise van basiese estetiese beginsels soos dit gereflekteer word in die samehang tussen die estetiese en nie-estetiese aspekte van die werklikheid. Die breër konteks van sy denke is ingebed in die ideaal van Christelike wetenskap in alle dissiplines.
Palavras-chave : estetiese norme; estetiese samehangsmomente; lewensbeskouing; Christelik neutrale wetenskap; geen onselfgenoegsaamheid paradigmaskuif.