SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 número2A neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependentThe role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspective índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

DE BEER, C.S.. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.2, pp.363-385. ISSN 2304-8557.

Diepgaande refleksie is nodig om te bepaal waar ons vandag met ons voorgestelde beeld van die mens staan. Die beeld wat ons handhaaf, is van die uiterste belang. Dit bepaal tussenmenslike verhoudings en ook menslike handeling. Die tradisionele opvatting van die menslike subjek as absoluut, selfversekerd en outonoom is gedurende die afgelope dekades deeg-lik bevraagteken en kan as uitgedien beskou word. Hierdie herdinkproses het 'n lang geskiedenis en 'n verskeidenheid insigte is deur baie invloedryke denkers ontwikkel. Informatiserings-prosesse speel 'n betekenisvolle rol in die ontwikkeling van hierdie verskillende perspektiewe. Drie ontwikkelings blyk voorrang te geniet. Die eerste is die ontwikkeling van die nosie van die sogenaamde "gedesentreerde subjek". Die tweede ontwikkeling plaas meer klem op die meganiese - die meganisering van die gees, waarin afstand gedoen word van die menslike gees. Hierdie perspektief is die voorloper van die derde ontwikkeling wat 'n verdere degenerasie van die menslike subjektiwiteit behels. Die liggaam-lose bewussyn kan nou op rekenaars afgelaai word. Die posthumane figuur verskyn. Probleme van feilbaarheid, sterflikheid en veroudering gaan verdwyn. Hoewel so 'n apokaliptiese uitgangspunt besonder belowend klink, laat dit heelwat belangrike vrae onbeantwoord. Aan die ander kant kan hierdie herdinkproses sekere ryk en nuwe artikulasies na vore bring oor wat dit beteken om mens te wees. Dit kan ook van groot betekenis wees vir individualiteit en sosialiteit in die lig van die krisisse wat wêreldwyd dreig om hedendaagse samelewings op 'n fatale wyse te laat ontspoor. Dit is egter ook nie heeltemal onverwant aan die ander drie ontwikkelings nie en kry selfs inspirasie daaruit.

Palavras-chave : bewussyn; liggaamlikheid; mensbeeld; posthumane subjek.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons