Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
RUSSENBERGER, M.. Leierskapstyl in Switserse evangeliese kerke in die lig van hulle histories-gevormde leierskapskultuur. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.3, pp.651-673. ISSN 2304-8557.
Hierdie artikel is 'n sosiologies-historiese studie van die inter-relasies tussen die histories ontwikkelde leierskapskultuur van demokrasie en leierskapsbeoefening in die evangeliese kerke van Switserland. Switserse leierskapstyl is tans gebaseer op die kulturele erfenis van die Keltiese, Romeinse en Germaanse stamme, op die fondament van die Konfederasie, sowel as die geskiedenis van die Christendom. Die kernwaardes wat Switserse leierskapskulture vorm, is die idee dat daar nie te veel mag by die individu moet berus nie, dat daar 'n demokratiese reg of gesamentlike vasberadenheid moet wees, dat daar 'n federale vryheid moet wees en dat werk en prestasie baie belangrik is. Dieselfde basiese waardes beïnvloed steeds leierskap in Switserse evangeliese gemeentes vandag.
Palavras-chave : demokrasie en leierskap leierskapskulture in evangeliese kerke van Switserland; Switserse leierskap; historiese studie van Switserse waardes en leierskap.