SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número2The value of values: A Christian-philosophical reflection on the nature and directional power of valuesThe changing face of American compassion: Ethnicity, religion, and worldview conflicts índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

BOSHOFF, E.  e  VAN ZYL, E.S.. Die verband tussen lokus van beheer en etiese gedrag onder werknemers in die finansiële sektor. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.2, pp.283-303. ISSN 2304-8557.

Onetiese gedrag is 'n snel-eskalerende tendens in die huidige werksituasie, waar daar binne organisasies 'n verval in etiese gedrag op nasionale sowel as internasionale vlak blyk te wees. Werknemers in die finansiële sektor in Suid-Afrika vorm 'n bepaalde area van belang rakende etiese gedrag. Verskeie in-sidente van onetiese gedrag word binne die finansiële sektor gerapporteer en noodsaak 'n fokus op faktore wat etiese gedrag mag beïnvloed. Huidige navorsing ondersteun 'n persoonsituasie-interaksiebenadering tot etiese besluitneming, waar sowel individuele as situasionele faktore die individu se besluite beïnvloed. Navorsing dui daarop dat individuele faktore soos lokus van beheer n invloed op etiese gedrag mag uitoefen. Die wyse waarvolgens hierdie veranderlikes met mekaar verband hou, is nog nie ondersoek ten opsigte van werknemers in die Suid-Afrikaanse finansiële sektor nie. Ten einde die verband tussen lokus van beheer en etiese gedrag te bepaal, is Schepers se Lokus van Beheervraelys asook die Werksoortuigingsvraelys afgeneem op 100 werknemers in die finansiële sektor in Bloemfontein. Statisties-beduidende verbande (p<0,05) is ge-vind tussen interne lokus van beheer en etiese gedrag, ekster-ne lokus van beheer en etiese gedrag, asook outonomie en etiese gedrag. Op grond van die resultate is aanbevelings gemaak aangaande die ontwikkeling van strategieë en intervensies om onetiese gedrag binne organisasies te verminder.

Palavras-chave : besigheidsetiek; etiese gedrag; finansiële sektor; lokus van beheer; onetiese gedrag.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons