SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número1Reflecting on our past: Reconciling a divided nation through listeningThe central place of a life - and worldview índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

STRAUSS, Daniël F. M.. Koers en die ideaal van Christelike wetenskap. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-9. ISSN 2304-8557.

Die 75-jarige herdenking van die bestaan van die tydskrif Koers is verbind aan die reformatoriese tradisie vanaf Calvyn tot by Kuyper, Stoker, Dooyeweerd en Vollenhoven, almal denkers wat besef het dat die Bybelse uitgangspunt van die lewe die hart as religieuse wortel van die mens se bestaan raak en daarom nie tot die sfeer van die kerk en godsdiens in enger sin beperk kan bly nie - dit moet inderdaad in alle sektore van die lewe deurwerk. Hierdie besef is die vrug van die Christelike lewens- en wêreldbeskouing wat tans gekonfronteer word deur die Big Bang-aansprake en deur die neo-Darwinisme - beide bewegings wat kulties-godsdienstige vorme aanneem en wat intolerant is teenoor elkeen wat nie hul perspektief aanvaar nie. Hierdie instelling het ernstige reaksie op twee webtuistes ontlok. Sommige probleme wat in die Darwinisme en die fisikalistiese materialisme vervat is word belig alvorens aandag aan die status van natuurwette en normatiewe beginsels gegee word. Besondere aandag word geskenk aan die eliminering van God se wet en aan die wyse waarop die moderne Humanisme twee van die grondpilare van die moderne nominalisme ontglip het, tot op die punt waar die menslike verstand tot die apriories-formele wetgewer van die natuur verhef is. Hierdie erfenis is gekontinueer beide deur die latere ontwikkelinge in die neo-Kantiaanse Badense skool en in die postmodernisme, geplaas teen die agtegrond van die drie opeenvolgende kennisideale van die afgelope drie eeue. Rasionaliteit kan slegs die ware roeping daarvan vervul indien dit rekenskap gee van die samehangende verskeidenheid in die skepping sonder om die slagoffer van enige vorm van reduksionisme te word. Wanneer Koers hierdie leidster volg sal dit daarmee voortgaan om 'n waardevolle en onmisbare bydrae te bly lewer ten bate van die bevordering van Christelike wetenskap.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons