SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número1The central place of a life - and worldviewThe struggle around the direction of Western culture índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

LETSEKA, Matsephe M.  e  VENTER, Elza. Hoe student-onderwysers Afrika-filosofie verstaan. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

Die vraag 'Wat behels Afrika-filosofie?' was vir die eerste keer ge-opper met die publikasie van Placide Tempels se werk Bantu Philosophy in 1959. Dit was onvermydelik dat Tempels se boek 'n groot hoeveelheid kritiek uitgelok het van Afrika-filosowe, wat uitgeloop het op 'n wye reeks publikasies, soos: Wiredu (1980) Philosophy and an African Culture; Hountondji (1983) African Philosophy: Myth and Reality; Oruka (1990) Sage Philosophy: Indigenous thinkers and modern debate on African philosophy; Shutte (1993) Philosophy for Africa; Masolo (1994) African Philosophy in Search of Identity; en Gyekye (1995) An Essay of African Philosophical Thought: The Akan Conceptual Scheme. Sestig jaar sedert die publikasie van Tempels se boek is daar steeds ernstige gesprekke rondom Afrika-filosofie. Hierdie artikel wil bydra tot die debat rondom die begrip van Afrika-filosofie, maar met die klem op die uitdagings om Afrika-filosofie aan Filosofie van die Opvoeding studente aan 'n oop afstandsonderrig-instituut in Suid-Afrika te onderrig. Die artikel worstel met die neiging van voorgraadse studente van Filosofie van die Opvoeding om Afrika-filosofie te reduseer tot Afrika kulture en tradisies, asook die idee van ubuntu. Die artikel probeer om te verstaan waarom studente Afrika-filosofie op dié wyse hanteer. Daar word gekyk na die studente se agtergrondkennis van Afrika-filosofie, hulle kritiese denkvaardigheid en of die amptelike studiemateriaal dalk op wyse geselekteer en bymekaar gevoeg word wat kan bydra tot die uitdagings wat studente in die gesig staar. In die laaste instansie eksploreer die navorsers maniere waarop dosente van Filosofie van die Opvoeding hul pedagogie kan aanpas om studente te help om Afrika-filosofie beter te kan verstaan.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons