SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número1Hermeneia: A theological discourse on hermeneutical issues with three South African theologians índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

GLAS, Gerrit. Bevoegdheidsontwikkeling as normatiewe praktyk - Onderwyshervorming in die geneeskunde as heuristiese model om werklikheidsbeskouing met onderwys in verband te bring. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-6. ISSN 2304-8557.

In hierdie artikel is 'n normatiewe praktyk-model (NPM) vir die onderwys ontwikkel. Twee hipoteses het hierdie artikel gelei: (1) dat die ontwikkelinge in die mediese onderwys relevant vir onderwys in die algemeen is en (2) dat mediese onderwys, net soos algemene onderwys, as 'n normatiewe praktyk geïnterpreteer kan word. Die normatiewe praktyk-model is aanvanklik vir geneeskunde ontwerp. Hierdie oorspronklike weergawe het probeer om te verduidelik hoekom waardes en norme intrinsiek aan die mediese praktyk is, wat hierdie norme en waardes is en hoe hulle met mekaar verband hou. Die artikel stel die onlangse hervorming van opleidingsprogramme vir mediese spesialiste in Nederland as 'n gevallestudie vir die toepassing van die normatiewe praktyk-model in die onderwys. Hierdie hervorming belig hoe en waarom norme en waardes intrinsiek aan mediese onderwys is. Die normatiewe praktyk-model bied 'n globale raamwerk wat 'n persoon in staat stel om die relatiewe bydrae van elk van die waardes en norme op te spoor en te evalueer. Deur dit te doen, bied die model ook 'n antwoord op die meer algemene vraag of en hoe wêreldbeskouing en die onderwys verwant is. Dit blyk dat in hoogs tegniese en gespesialiseerde praktyke soos geneeskunde die bevoegdheid-konsep as brug tussen waarde-belaaide motivering en houdings aan die een kant en meetbare prestasie aan die ander kant dien. In hierdie artikel is geargumenteer dat nadenke oor bevoegdheid in die konteks van normatiewe praktyke help om die verhouding tussen werklikheidsbeskouing en die onderwys toe te lig.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons