SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número1Morality, the obtrusive and the conditional índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

BUIJS, Govert J.. Werklikheidsbeskouing die kredietkrisis en die 'eenheid van die lewe'. Van 'raamwerk' tot 'diep verbintenis'. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-9. ISSN 2304-8557.

Die begrip 'werklikheidsbeskouing' het minstens twee dimensies wat nie altyd duidelik onderskei word nie. Die begrip kan na iets individueel verwys, maar ook na 'n meer kollektiewe fenomeen, byvoorbeeld wanneer daar binne 'n bepaalde sosiale domein (soos die politiek of die ekonomie) sprake is van 'n rigtinggewende ideologie of 'n meer implisiete verwysingsraamwerk. Tweedens kan die begrip verwys na sowel diepe eksistensiële keuses as na 'n omvattende, sistematiese geheel van oortuigings, dus na 'n spirituele inspirasie sowel as 'n sisteem wat intellektueel min of meer koherent is. Tussen hierdie verskillende dimensies kan spanninge voorkom. Die lewensbeskouing waaroor 'n individu beskik kan in konflik wees met ander lewensbeskouings wat in bepaalde sosiale domeine beliggaam is. Hoe kan persone met hierdie konflikte omgaan? 'n Mens kan maklik verlei word om die konflikte te vermy en om bloot hiertussen oor te skakel of 'ratte te verwissel'. Hierdie artikel maak van die kredietkrisis en die rol van ekonomiese wetenskappe gebruik om te illustreer watter 'tegnieke' persone kan aanwend - bewustelik, half-bewustelik of onbewustelik - om te navigeer tussen hulle inherente werklikheidsvisies en die verskeie implisiete werklikheidsbeskouings in die verskillende sosiale domeine. Die begrip 'werklikheidsbeskouing' kan waardevol wees om 'n mate van eenheid te herwin, maar dan primêr geïnterpreteer as die manifestasie van 'n eksistensiële keuse en diep verbintenis.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons