Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
VENTER, J.J. (Ponti). Pragmatisme se aanval op Christenheid - Teikeningsmetodologieë. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.2, pp.05-16. ISSN 2304-8557.
Die sentrale argument is dat metodes ontwerp word met doeleindes in gedagte en bepaal word deur 'n persoon se werklikheidsvisie en/of ontologie en/of filosofiese antropologie en/of sienings van wetenskap. Dit is moontlik dat 'n obsessie met 'n saak, gedryf deur die elitistiese oortuiging dat my saak tot almal se voordeel is, 'n ideologiese formaat kan aanneem ('n formalistiese ideologie). In so 'n geval toon dit neigings om te polariseer. Ter illustrasie hiervan, is William James se metodologie in hierdie artikel geanaliseer. In James se geval neem die sciëntistiese metodologie die Christendom se sagmoedigheid en welwillendheid as primêre teiken om aan te toon dat dit op humanitêre vlak oneffektief is. James ly egter aan die probleem van intellektuele solipsisme: hy lees die Christendom via abstrakte, rasionalistiese teologie.