SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número2A neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependentThe role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspective índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

REITSEMA, Henk. Organisme en meganisme: 'n Onderskeid wat verlore gaan. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.2, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v78i2.1240.

Die onderskeid tussen organisme en meganisme is dikwels subtiel of onduidelik, maar nogtans kan hierdie verskil 'n groot invloed op ons verstaan van die wêreld hê. Dit was in die geskiedenis van die filosofie vir baie denkers verleidelik om die totale werklikheid deur die lens van slegs die een of die ander van hierdie metafore te probeer verstaan in plaas daarvan om albei hulle regmatige plek te gee. Hierdie artikel argumenteer dat daar 'n substansiële verlies aan begrip is as 'n mens slegs een van hierdie metafore verabsoluteer in 'n poging om alle oorsaak- en gevolgpatrone in die werklikheid te verklaar. 'n Duideliker onderskeid tussen hierdie twee konsepte kan waarskynlik 'n bydrae lewer om die reduksionistiese elemente in die hedendaagse denkwyses wat die wetenskap en die openbare lewe oorheers, te bepaal. Hierdie benadering word getoets aan 'n analise van die ontwikkelinge in die nanotegnologie waar gepoog word om sintetiese lewe en selfrepliserende sisteme te vervaardig. Dit kom algemeen voor dat die begrippe organisme en meganisme onnoukeurig gebruik word en, tot 'n mate, soms selfs oorvleuelend. Dit geld ook vir 'n groot deel van die huidige wetenskaplike debatte, veral in die biologie, mikrobiologie en nanowetenskap dissiplines. Hierdie onnoukeurige woordgebruik maak dit duidelik dat daar 'n reduksie plaasvind beide in die onderskeid tussen wat as organiese en dit wat as spesifiek meganiese eienskappe beskou word.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons