Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
COLETTO, Renato. Die skuif na die subjek in die 20ste eeuse wetenskapsfilosofie: 'n Bevrydende verskuiwing?. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.
Gedurende die 20ste eeu is toenemende relevansie in die (filosofie van die) wetenskap toegestaan aan die 'subjek' van kennis (i.e. die individuele wetenskaplike of 'n wetenskaplike gemeenskap). Die verankering van wetenskaplike kennis tot die subjek (eerder as tot die objek, soos in vroeë positivisme) is as 'n 'bevrydende' verskuiwing voorgestel wat aanleiding gee tot 'n minder outoritêre en rasionalistiese siening van die wetenskap. Die verskuiwing na die subjek word histories gemotiveer deur die filosofieë van Popper, Kuhn, Collins en ander te besoek. Dit word geargumenteer dat die belofte van 'n meer liberalistiese of emansiperende opvatting van die wetenskap deur verskeie probleme gekonfronteer is. Veral die konflik tussen 'n individuele en 'n kommunale verstaan van die subjek word beklemtoon. Boonop word dit geargumenteer dat die wortels van die verskynsel in die meeste gevalle versteek bly. Die artikel word afgesluit met 'n interpretasie van die verskuiwing en die buitelyne van 'n alternatiewe benadering.