Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
VAN DER WALT, Izak J. e THERON, Petria M.. Suid-Afrika se volhoubaarheid in die lig van wêreldbeelde: Prakties-teologiese perspektiewe. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1, pp.1-9. ISSN 2304-8557.
Volgens die Fund for Peace (FFP) se indeks vir die volhoubaarheid van verskillende lande flikker daar gevaarligte vir Suid-Afrika as gevolg van verskynsels soos 'n stygende demografiese druk op natuurlike hulpbronne en 'n ongelyke verdeling van welvaart. Hierdie toestand kan tot 'n mindere of meerdere mate toegeskryf word aan die wyse van regering. In hierdie artikel word die moontlikheid ondersoek of die huidige onvolhoubare pad waarop Suid-Afrika ditself bevind, beïnvloed word deur die regerende party se wêreldbeeld(e). Die konsep wêreldbeeld word kortliks beskryf en ontleed in die konteks van die samestelling en ontwikkelingsgeskiedenis van die Suid-Afrikaanse regerende party. Vervolgens word enkele verbande tussen volhoubaarheid en wêreldbeeld verken. Ten slotte word die vraag gestel hoe Christene wat die Woord van God op alle lewensterreine wil gehoorsaam, oor volhoubaarheid behoort te dink en wat hulle kan doen om Suid-Afrika se situasie te verbeter. Die sentraal-teoretiese argument in hierdie artikel is dat 'n reformatoriese wêreldbeeld 'n raamwerk bied waarvolgens mense hulle denke, besluite en optrede kan beoordeel en, indien nodig, kan verander om volhoubaarheid in Suid-Afrika tot die voordeel van alle landsburgers te bevorder.