Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
SIMONS, Petrus. 'n Groen ekonomie?. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1. ISSN 2304-8557.
OPSOMMING Ekonomiese groei het in 'n fetish ontaard en daar word geglo dat dit vele voordele vir die samelewing inhou. Die oorsprong hiervan kan in die Verligtingsideaal van vooruitgang deur wetenskap, tegnologie en 'n vryemark ekonomie gevind word. J.W. Goethe het die probleme van vooruitgang in sy gedig Faust, veral die tweede gedeelte daarvan, geantisipeer. Binswanger interpreteer Goethe se siening van die moderne ekonomie as 'n vorm van alchemie en as 'n poging om tyd deur die uitvinding van monetêre kapitaal te bemeester. Keynes se sienings van vooruitgang en likiditeit is versoenbaar met hierdie analise. Die probleme wat deur die onkritiese toepassing van wetenskaplike tegnologie ter wille van die toename in materiële welvaart opgeroep is, het aanleiding gegee tot 'n dialektiek tussen besigheid opsoek na groei en diegene wat bekommerd is oor die gevolge daarvan, veral die ekologiese gevolge. Volhoubare ontwikkeling is 'n uitkoms van hierdie dialektiek, sonder dat dit agtergelaat word. Ander, veral diegene wat décroissance [de-groei] voorstaan, verwerp die konsepte wat groei onderlê. Onderliggend hieraan is 'n ideologie wat 'n kombinasie van tegnisisme en ekonomisme is. 'n Spirituele revolusie is nodig om die houvas wat hierdie ideologie op die samelewing het, te verbreek. Dit sluit in dat die huidige metafoor van die wêreld as 'n masjien na 'n metafoor van 'n tuin-stad moet verander. Daar word voorgestel dat werksgroepe die verskeidenheid voorstelle vir verandering vanuit die perspektief van die tuin-stad metafoor analiseer.