Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
CLOUSER, Roy. Kan ons weet God is waarlik God?. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1. ISSN 2304-8557.
OPSOMMING Hierdie artikel ondersoek die vraag na die gronde waaroor ons beskik om te glo dat God die enigste ware Goddelikheid is. 'n Herevaluering van die wanopvatting van geloof as 'blinde vertroue' of geloof sonder rede word verskaf. Hieruit kan gesien word dat geloof, soos dit in die Bybel gebruik word, na die hele Christendom as 'die geloof' kan verwys, dus, na vertroue wat op verwagting gebaseer is, en nie blinde vertroue nie; dit kan ook verwys geloof as kennis wat van ervaring afgelei is. Hierdie artikel maak gebruik van die idee dat geloof kennis is wat van ervaring afgelei word om ondersoek in te stel na die religieuse ervarings en die self-evidente oortuigings wat dikwels vanuit hierdie ervarings ontstaan as 'n moontlik geldige deel van ons kennis van God. Daar word aangetoon dat die tradisionele beperkings wat op self-evidente waarhede geplaas word (dat 'n waarheid deur almal wat dit verstaan erken moet word, dat dit 'n noodsaaklike waarheid moet wees en dat dit 'n onfeilbare waarheid moet wees) nie oortuigend is nie en nuwe kriteria word voorgestel. 'Self-evident' is dan oortuigings wat eenvoudig deur ervaring in die verstand geproduseer word en dit is vir die persoon wat die ervaring beleef onmoontlik of onweerstaanbaar om die oortuigings nié te glo nie. Indien ons hierdie definisie van self-evidente waarheid, wat ooreenstem met regte ervaring eerder as met daardie weergawe waarin arbitrêre beperkings deur 'n paar filosowe voorgeskryf word, aanvaar, sal nie net oortuigings soos dat alle persone 'n verstand het of dat ons name is wat dit is, as self-evident aanvaar word nie. Ook die ervaring van die evangelie as die waarheid omtrent God sal as 'n egte self-evidente waarheid aanvaar kan word deur diegene wat dit as sodanig ervaar.