SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 número1B.J. van der Walt's concentration problemProfessor Bennie van der Walt: A bridge between white Afrikaners and black Africans índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

RATHBONE, Mark. Sphere sovereignty and irreducibility: The ambiguous use of Abraham Kuyper's ideas during the time of apartheid in South Africa. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v80i1.2208.

Die doel van hierdie artikel is om aan te dui dat die konsep sfeersoewereiniteit soos gepostuleer deur Abraham Kuyper op 'n dubbelsinnige manier gebruik is in die geskiedenis van Suid-Afrika, spesifiek gedurende die tyd van apartheid. Aan die een kant, word dit geassosieer met die regverdiging van apartheid, wat spesifiek uitkomin die dokument Ras, volk en nasie en volkereverhoudinge in die lig van die Skrif (1976). Aan die ander kant word dit geassosieer met Swart Bevrydingsteologie, spesifiek dié van Alan Boesak, wat weerstand teen apartheid gebied het. Die probleem is dat albei hierdie perspektiewe die kompleksiteit van die werklikheid reduseer tot ras. Volgens Kuyper verwys sfeersoewereiniteit daarna dat geen aspek van die realiteit 'n absolute verwysingspunt kan wees vir die strukturering van die geheel nie en elke aspek is soewerein binne sy eie gebied. Daarom kan nie ras of enige ander aspek 'n norm wees om die realiteit te struktureer nie. Die eenheid en struktuur van die realiteit is gesetel in God as skepper van alle dinge. Dit is juis hierdie anti-reduksionistiese perspektief van Kuyper wat voordele mag bied vir post-apartheid Suid-Afrika.

Palavras-chave : Abraham Kuyper; Sfeersoewereiniteit; Onreduseerbaarheid; Apartheid; Swart Teologie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons