SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 número2A neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependentThe role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspective índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

MUTTITT, Andrew. Johannes Calvyn, 2 Samuel 2:8-32 en weerstand teen die burgerlike owerheid: uiterste dubbelsinnigheid of beheersing van kontekstuele eksegese?. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.2, pp.1-6. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.82.2.2352.

Deur die jare was dit die oorwoë mening van kenners dat Johannes Calvyn gewapende weerstand teen die regmatige - hoewel onderdrukkende - owerheid as onwettig in die wêreld van die 16de eeu beskou het, en dat dit daarom ook onwettig vir vandag is. Daarenteen is hulle van mening dat die regmatigheid van gewelddadige weerstand teen die onderdrukkende owerheid, soos dit later deur die Hugenote, Skotse 'Covenanters' en Engelse Parlementariërs ontwikkel is, eerder in die denke van Theodore Beza gegrond was, na bewering in afwyking van Calvyn. Oënskynlik word hierdie mening uitsluitend gebaseer op 'n lesing van die Institusie 4.20.31. Hierdie artikel ondersoek of Calvyn se preke oor 2 Samuel, gehou in 1562, die aantyging van dubbelsinnigheid wat deur die berugte "miskien" van paragraaf 31 opgeroep word, kan weerlê. En indien wel, of hierdie preke 'n ontwikkeling in Calvyn se denke aantoon, wat in 'n onversoenbare teenstrydigheid staan met die posisie wat in die laaste hoofstuk van die Institusie ingeneem word.

Palavras-chave : Calvyn; weerstand; heerser; Protestant; Frankryk.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons