SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.85 número1A practical explanation of ethics as a good corporate governance principle in South Africa and New Zealand - A case studyHIV and me: The perception of children aged 10-12 living with HIV, and their expectations for adulthood índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

LOTTER, Casper. 'h Pleidooi vir die kriminalisering van stigma teen vrygelate gevangenes in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2020, vol.85, n.1, pp.1-16. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.85.1.2470.

Teen die agtergrond van Agrizzi se getuienis van grootskaalse korrupsie in die Departement van Korrektiewe Dienste (die Bosasa-skandaal) en die nuwe Minister se oogmerk om vrygelate gevangenes behulpsaam te wees met werksverskaffing en hervestiging, word die vraag gevra of die verlammende invloed van post-vrylatingstigma geregverdig is. Vanuit h volksvergelykende perspektief is die vertrekpunt dat gevangenisstraf as Suid-Afrika se oorheersende strafparadigma nie ons onhoudbare hoë oortredingsyfers enigsins verlaag het nie en dit inderdaad aangeblaas het. h Post-Marxistiese teoretiese raamwerk bevraagteken en geproblematiseer die stigma waaronder vrygelate oortreders in harde stigmatiserend-beskamingskulture (Suid-Afrika, die VSA) gebuk gaan. Nadat die regverdigings vir stigma oorweeg en as onsinnig verwerp is - dit slaan op die stereotipe óf ongeregverdigde vooroordeel - word die grootliks gediskrediteerde gedagte aan indiwiduele aanspreeklikheid aan die orde gestel. Die multivlak-kompleksiteit van misdaad as h maatskaplike verskynsel word ondersoek en strukturele verdrukkings (rassisme, chauvinisme, armoede, stigma teen vrygelate voormalige oortreders, verdiepende ongelykheid) wat as teelaarde vir misdaad dien, word ook belig. Ek doen aan die hand dat sodanige stigma op beide haatspraak en ongrondwetlikheid in Suid-Afrika neerkom. Ten slotte word ingrype (byvoorbeeld kriminalisering van stigma) ter bevordering van h integrerend-beskamende kultuur aan die hand gedoen en in h bepeinsende slotsom word die maatskaplike huigelary rondom hierdie vraagstuk bekla

Palavras-chave : post-vrylatingstigma; ongeregverdigde vooroordeel; multivlak; - kompleksiteit van misdaad; maatskaplike huigelary; voorgestelde post-Marxisties-geïnspireerde ingrype.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons