SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.85 número1Learner pregnancy in secondary schools in South Africa: Have attitudes and perceptions of teachers changed?Illuminating perspectives for the pastorate from trauma research on traumatized children índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

D'ASSONVILLE, Victor Ε.. Koers (Online) [online]. 2020, vol.85, n.1, pp.1-15. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/KOERS.85.1.2501.

Op die jong ouderdom van 30 skryf Calvyn in 1539 n brief aan Kardinaal Jacopo Sadoletus, beroemde geleerde en verteenwoordiger van die Roomse Kerk. Hierdie brief van Calvyn wat hy op die dringende smeekversoek van die stadsraad van Geneve geskryf het, het hom baie roem laat inoes. Calvyn weerlê met hierdie skrywe Sadoletus se aanklagte teen die Reformasie en tree daarmee in die bresse vir die stad wat hom die jaar vantevore verban het. Daarby begrond hy die kern van die Reformasie en die noodsaak daarvoor. Sedertdien staan hierdie brief nie slegs bekend as een van die mees befaamde apologetiese geskrifte van die Reformasie nie maar is dit selfs beskryf as die mees kragtige en teologies suksesvolle verdediging daarvan in die sestiende eeu. In hierdie artikel word Calvyn se verklaring van die kern van die Reformasie bespreek teen die agtergrond van sy verhouding met Martin Luther en beide van hulle se respek vir mekaar. Volgens Calvyn is die hart van die Reformasie die regverdigmaking deur genade alleen. Dit gaan ten volle oor geloof in Christus alleen. Vir sy verklaring van die regverdigmaking deur genaue en geloof calleen beroep Calvyn hom konsekwent op die Skrif as Woord van God. In hierdie Christologiese benadering - waarvoor Luther volgens n getuie waardering uitgespreek het - staan Calvyn en Luther dig bymekaar

Palavras-chave : Luther; Calvyn; Sadoletus; regverdigmaking [regverdiging]; Reformasie; genade alleen; geloofalleen.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons