SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.86 número1A practical explanation of ethics as a good corporate governance principle in South Africa and New Zealand - A case studyHIV and me: The perception of children aged 10-12 living with HIV, and their expectations for adulthood índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

SNYMAN, Gerrie F.. A hermeneutic of vulnerability: difficult empathy in response to moral injury within whiteness. Koers (Online) [online]. 2021, vol.86, n.1, pp.1-17. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.86.1.2506.

Die doel van hierdie opstel is om die weerloosheid van die leser bloot te lê deur dit wat verborge is in die lees van 'n (Bybelse) teks, te ontmasker. Die werkshipotese is soos volg: Die mitiese norm van die lees van die Bybelse teks verbloem die kwessie van ras in die Bybelse hermeneutiek deur die aanname van wit onskuld en die verdoeseling van 'n etiese wond wat veroorsaak is deur die koloniale agenda van moderniteit. 'n Hermeneutiek van weerloosheid word voorgestel om dié morele wond raak te sien in terme van rassisme wat deur die koloniale agenda van moderniteit veroorsaak word en nog steeds veroorsaak. Die etiese letsel word egter versag deur 'n proses van moeilike of ontsetelende empatie wat deur 'n hermeneutiese kwesbaarheid veroorsaak word. Die argumente word soos volg opgestel: die eerste afdeling poog om uit te vind wat agter 'n konstruksie van witwees se onskuld lê ten opsigte van die mitiese norm van uitleg (gegewe die oorwig van ras in die huidige diskoers in Suid-Afrika en die VSA). Die tweede afdeling handel oor die manier waarop 'n hermeneutiek van weerloosheid 'n leser in staat kan stel om geloofwaardig vanuit 'n posisie van witwees te reageer op, byvoorbeeld, die druk van die dekoloniale wending in die diskoers oor ras deur te vra wat dit beteken om kwesbaar te wees en hoe neem 'n mens met kwesbaarheid rekening hou. Die derde afdeling verduidelik wat die gevolge is wanneer weerloosheid aanvaar en erken word, naamlik om empatie en meer spesifiek 'n ongemaklike of moeilike empatie in rassespanning te toon.

Palavras-chave : weerloosheid; dekolonialiteit; rassisme; bybelse hermeneutiek; Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika; ontsetelende empatie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons