SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.86 número1Christian Religious Education and Integrity: a Case Study of Babock University, Nigeria"... Justification by faith" Calvin's grounds for the Reformation índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

OLIVIER, Antoinette. Bel canto sangonderrigbeginsels met spesiale verwysing na die begrip appoggio - h tweedelige ondersoek in die pedagogiek van Werner Nel- Artikel 1. Koers (Online) [online]. 2021, vol.86, n.1, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/KOERS.86.1.2517.

Gedurende sy vaste ampstermyn (1974-2010) as sangdosent by die Skool vir Musiek van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys - sedert 2004 bekend as die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) - is Werner Nel verantwoordelik vir die tegniese ontwikkeling wat sangstudente sou benodig om vokale kunsmusiek in die Europese tradisie uit te voer. Hierdie artikel ondersoek die stemtegniese beginsels wat Nel gebruik het om sy studente op te lei, met spesiale verwysing na die sentrale en kennelik moeilike begrip appoggio. Laasgenoemde is π kernbelangrike stemtegniese en -estetiese ideaal van die bel canto sangtegniek en dit word gevolglik in hierdie artikel as vertrekpunt gebruik om Ne se onderrigmetodes, onderrigbeginsels of opvoedkundige benadering rakende effektiewe asemhaling vir esteties bevredigende klankproduksie in oënskou te neem. Die metodes van data-insameling vir hierdie enkele, beskrywende gevallestudie sluit beide π tradisionele en sistematiese literatuuroorsig van die bel canto sangtegniek in, sommige van Nel se handgeskrewe en getikte dokumente, asook semi-gestruktureerde onderhoude met Nel en geselekteerde deelnemers wat by hom gestudeer het en wat huidig professioneel werk as sangers en pedagoë.

Palavras-chave : appoggio; asemhaling vir sang; bel canto sangtegniek; liggaamspostuur vir sang; Nel; Werner; sangonderrig.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons