SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número3-4The necessity of reckoning with metatheoretical assumptions in scientific practical-theological researchDoing trinitarian theology: Primary references to God and imagination índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

COLETTO, R.. Die rol van die Bybel in reformatoriese filosofie: Historiese en sistematiese opmerkings. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.545-564. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word die rol van die Bybel in die uitbou van die reformatoriese filosofie, 'n neo-calvinistiese beweging wat in die dertigerjare van die vorige eeu deur Dooyeweerd en Vollenhoven begin is, geanaliseer. Volgens die outeur van hierdie artikel, het hierdie twee outeurs verskillende benaderings tot hierdie probleem, maar hulle bedoelings was dieselfde en die strategieë wat hulle uitgedink het, was wel met mekaar versoenbaar en selfs met mekaar integreerbaar. 'n Mens kan sê dat Vollenhoven in die praktyk 'n meer "tekstuele" benadering gevolg het, terwyl Dooyeweerd die belangrikheid van die hooftemas in die bybelse religieuse grondmotief beklemtoon het. Die voorstelle van 'n meer resente denker in hierdie beweging, Jacob Klapwijk, word oorweeg en daar word op die beloftes en gevare van sy benadering gewys. Die hoofdoel is om aan te toon dat in hierdie filosofiese tradisie, die rol van die Bybel in filosofie met toewyding en ernstige ondersoek aangepak is - 'n houding wat uit 'n egte verbintenis aan die skrifgeworde Woord spruit.

Palavras-chave : filosofering; rol van die Bybel in geloof en filosofie; verhouding tussen skriftuurlike filosofie; Dooyeweerd se siening van skriftuurlike filosofie; Klapwijk se siening van skriftuurlike filosofie; Vollenhoven se siening van wêreldbeskouing; Skrif en filosofie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons