Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
In die Skriflig
versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441
Resumo
JANSE VAN RENSBURG, J.. 'n Kwalitatiewe ondersoek na die sogenaamde bediening van bevryding. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.679-698. ISSN 2305-0853.
Sedert die publikasie van die boek "The occult debate" (Janse van Rensburg, 1999) is dit duidelik dat daar uiteenlopende beskouings oor okkultisme in gereformeerde kringe bestaan. Gedurende die Algemene Sinode van die NG Kerk in 2007 het die verslag van die Algemene Taakspan vir Leer en Aktuele Sake (ATLAS) beweer dat die duiwel as persoon nie bestaan nie en dat daar geen ruimte vir 'n bediening van bevryding is nie. Daar is verder beweer dat enige kwalitatiewe navorsing hieroor onbetroubaar en dus onwetenskaplik sou wees. Dit is egter die hipotese van hierdie artikel dat kwalitatiewe navorsing 'n betekenisvolle bydrae kan lewer om meer lig op 'n bediening van bevryding te werp. In hierdie artikel word die metode van kwalitatiewe navorsing wat gebruik word, beskryf en die narratiewe van deelnemers word aan die orde gestel. Laastens word die response van deelnemers geëvalueer.
Palavras-chave : bediening van bevryding; deelnemende aksienavorsing; okkultisme; pastorale sorg; terminologie.